Welkom by ons aanlyn verkope vir vanjaar se snoekbraaikaartjies.
Moenie vanjaar se snoekbraai WINSKOOP misloop nie.
Snoek, patat, vars brood en konfyt TEEN slegs R60-00 per ete. (Etes word vooraf verpak – nie nodig vir eie houers. Bring asb net eie drasakke saam.)
Voltooi asseblief die onderstaande vorm. U sal EFT besonderhede per e-pos ontvang.
REËLINGS RONDOM KAARTJIEVERKOPE:
Enige kaartjies wat aanlyn gekoop word moet binne 24-uur betaal word (met die regte verwysing) en ‘n bewys van betaling moet gestuur word na snoekbraai@parke.co.za.
U sal teen 28 Mei 2026 ‘n e-pos ontvang met u snoekbraaikaartjie(s) wat u asseblief sal moet uitdruk en saam bring die dag van die snoekbraai.
Indien u nie self die kaartjies kan uitdruk by die huis nie, kan u reël met die kerkkantoor sodat dit daar vir u uitgedruk kan word.
REËLINGS RONDOM DIE AFHAAL VAN ETES:
Etes kan 30 Mei 2026 tussen 12:00 & 15:00 afgehaal word by ons kerksaal (h/v Kipling- & Edwardstraat).
WAAR IS ONS KERKGEBOU:
