Hartlik welkom by Parke-gemeente!
Jy is baie welkom om saam met ons op ’n Sondag te kom aanbid en deel te word van ons gemeente. Skakel gerus by een van ons eredienste in en kom ervaar die hartklop, warmte en gemeenskap van Parke-gemeente.
Eredienste:
Tydens skoolkwartale:
09:00 Oggenddiens (in-persoon & aanlyn)
10:00 Buh-Reindiens (slegs in-persoon)
19:00 Aanddiens (in-persoon & aanlyn)
Tydens langnaweke en skoolvakansies:
09:00 Oggenddiens (in-persoon & aanlyn)
10:00 Buh-Reindiens (slegs in-persoon)
Kategese:
‘n Toegewyde span bedien met entoesiasme en liefde ons kinders en jongmense. Kategese vind elke Sondag van die skoolkwartaal plaas (uitgesluit langnaweke en kategese-afnaweke). Kom skakel sommer vandag nog jou peuter, kleuter, laerskool of hoërskool kind in by ons kategese omgeegroepe. Ons voorskoolse tot graad 3 kategese vind plaas tydens die oggenddiens om 09:00. Ons graad 4-6 kategese vind plaas om 10:15 direk na die oggenddiens. Ons graad 7-10 kategese vind plaas om 18:00 voor ons aanddiens. Kontak gerus vir Babs (babs@parke.co.za | 0832076193) inverband met die voorskoolse tot graad 6 kategese en vir Chris (chris@parke.co.za | 0846273660) inverband met ons graad 7 tot 10 kategese omgeegroepe.
Openbare verbintenis (ROETEMERKER) voorheen belydenisaflegging:
Jongmense in die graad 11-jaargroep word aan die begin van hul graad 11-jaar deel van die verbintenisgroep, met die oog op ‘n roetemerker geleentheid in hul graad 12-jaar. Die groep ontmoet elke week op ‘n Sondagaand tydens skoolkwartale. In hul graad 12-jaar word onderhoude met elke jongmens gevoer. Kontak gerus vir ds. Anje Zeeman (anje@parke.co.za | 0824550933) vir meer inligting hieroor.
Volwassenes wat ‘n oorgang in jou lewe beleef en ‘n behoefte het om vir die eerste keer of opnuut jou geloof voor jou geloofsfamilie te verwoord en bely word uitgenooi om die kerkkantoor te kontak om gespreksgeleenthede te reël.
Ons kuier saam:
Kom maak gerus ’n draai by ons koffiestasie in die kerk se voorportaal vóór die eredienste begin. Hier is altyd warm koffie en tee wat gratis bedien word, en ’n vriendelike geselskap wat jou sommer dadelik tuis laat voel. Dis die perfekte geleentheid om rustig te kuier en nuwe mense te ontmoet. Ons sien uit daarna om jou te verwelkom!
Ek wil graag by Parke-gemeente aansluit:
Kontak gerus vir Carol van Rensburg by carol@parke.co.za of 021 988 5340 indien jy jou lidmaatskap na Parke-gemeente wil oorplaas, of graag by die gemeente wil aansluit. Welkom by die Parke-familie en ons sien uit daarna om jou beter te leer ken.
