Ons roeping en verbintenis
Ons is ‘n gemeente wat glo dat die Here ons geroep het om:
> Hom met volle oorgawe te dien
> mekaar as broers en susters te versorg
> die jeug aktief by gemeente aktiwiteite te betrek
> Christelike gesinswaardes te hervestig en te versterk
> mense te help om volgens Christelik morele beginsels te leef
> kerklos lidmate te lei tot ‘n lewende verhouding met Jesus Christus
> die fisiese armoede en nood in ons dorp te verlig.
Ons verbind ons daartoe om:
> ons gawes en lewensmiddele hiervoor aan te wend
> met ander kerke en gemeenskaps-organisasies saam te werk in die verwesenliking van hierdie roeping
> as ‘n inklusiewe geloofsgemeenskap alle mense, ongeag ras, geslag, seksuele oriëntasie, sosiale stand of afkoms gelykwaardig te behandel.