Welkom by ons aanlyn verkope vir Parke se 2026 hoenderbraai.

Daar is heerlike hoenderbraai-etes te koop teen die winskoopprys van R65 per porsie.

Voltooi asseblief die onderstaande vorm. U sal EFT besonderhede per e-pos ontvang.

    REËLINGS RONDOM KAARTJIEVERKOPE:

    Enige kaartjie(s) wat aanlyn gekoop word moet binne 24-uur betaal word (met die regte verwysing) en ‘n bewys van betaling moet gestuur word na verkope@parke.co.za.

    U sal teen 19 November 2026 ‘n e-pos ontvang met u kaartjie(s) wat u asseblief sal moet uitdruk en saambring.

    Indien u nie self die kaartjie(s) kan uitdruk by die huis nie, kan u reël met die kerkkantoor sodat dit daar vir u uitgedruk kan word.

    REËLINGS RONDOM DIE ETES:
    Wegneemetes kan 20 November 2026 vanaf 18:00 afgehaal word by die kerksaal (h/v Kipling- & Edwardstraat).
    Aansitetes sal beskikbaar wees vanaf 19:00 by die kerksaal. Jy is welkom om vanaf 18:00 te kom saam kuier (h/v Kipling- & Edwardstraat).

    WAAR IS ONS KERKGEBOU: