Snoekbraai2024

Welkom by ons aanlyn verkope vir vanjaar se snoekbraaikaartjies.

Moenie vanjaar se snoekbraai WINSKOOP misloop nie.

Snoek, patat, vars brood en slaai TEEN slegs R60-00 per ete. (Etes word vooraf verpak – nie nodig vir eie houers. Bring asb net eie drasakke saam.)

Voltooi asseblief die onderstaande vorm. U sal EFT besonderhede per e-pos ontvang.

AANLYN VERKOPE IS TANS GESLUIT. KONTAK GERUS DIE KERKKANTOOR BY 0219885340 OM UIT TE VIND OF DAAR NOG ENIGE KAARTJIES BESKIKBAAR IS.

REËLINGS RONDOM KAARTJIEVERKOPE:

Enige kaartjies wat aanlyn gekoop word moet binne 24-uur betaal word (met die regte verwysing) en ‘n bewys van betaling moet gestuur word na snoekbraai@parke.co.za.

U sal teen 6 Junie 2024 ‘n e-pos ontvang met u snoekbraaikaartjie(s) wat u asseblief sal moet uitdruk en saam bring die dag van die snoekbraai.

Indien u nie self die kaartjies kan uitdruk by die huis nie, kan u reël met die kerkkantoor sodat dit daar vir u uitgedruk kan word.

REËLINGS RONDOM DIE AFHAAL VAN ETES:

Etes kan 8 Junie 2024 tussen 12:00 & 15:00 afgehaal word by ons kerksaal (h/v Kipling- & Edwardstraat).

WAAR IS ONS KERKGEBOU: