Parke Smul-Aand 26 Julie 2024

Welkom by ons aanlyn verkope vir Parke se Smul-Aand.

Daar is heerlike jaffels te koop teen die winskoopprys van R25 per jaffel.

Voltooi asseblief die onderstaande vorm. U sal EFT besonderhede per e-pos ontvang.

AANLYN VERKOPE VAN KAARTJIES IS GESLUIT.

REËLINGS RONDOM KAARTJIEVERKOPE:

Enige kaartjie(s) wat aanlyn gekoop word moet binne 24-uur betaal word (met die regte verwysing) en ‘n bewys van betaling moet gestuur word na verkope@parke.co.za.

U sal teen 24 Julie 2024 ‘n e-pos ontvang met u kaartjie(s) wat u asseblief sal moet uitdruk en saambring.

Indien u nie self die kaartjie(s) kan uitdruk by die huis nie, kan u reël met die kerkkantoor sodat dit daar vir u uitgedruk kan word.

REËLINGS RONDOM DIE AFHAAL VAN ETES:

Etes kan 26 Julie tussen 19:00 & 20:00 afgehaal word by die deurry by ons kerksaal (h/v Kipling- & Edwardstraat).

WAAR IS ONS KERKGEBOU: