
Welkom by ons aanlyn verkope vir Parke se Smul-Aand.
Daar is heerlike hoenderbraai-etes te koop teen die winskoopprys van R60 en malvapoeding met vla teen die weggeeprys van R15 per porsie.
Voltooi asseblief die onderstaande vorm. U sal EFT besonderhede per e-pos ontvang.
AANLYN VERKOPE HET TANS GESLUIT. KONTAK GERUS DIE KERKKANTOOR (021 988 5340) OM TE HOOR OF DAAR ENIGE KAARTJIES NOG BESKIKBAAR IS.
REËLINGS RONDOM KAARTJIEVERKOPE:
Enige kaartjie(s) wat aanlyn gekoop word moet binne 24-uur betaal word (met die regte verwysing) en ‘n bewys van betaling moet gestuur word na verkope@parke.co.za.
U sal teen 15 Maart 2024 ‘n e-pos ontvang met u kaartjie(s) wat u asseblief sal moet uitdruk en saambring.
Indien u nie self die kaartjie(s) kan uitdruk by die huis nie, kan u reël met die kerkkantoor sodat dit daar vir u uitgedruk kan word.
REËLINGS RONDOM DIE AFHAAL VAN ETES:
Etes kan 16 Maart tussen 16:00 & 18:00 afgehaal word by die deurry by ons kerksaal (h/v Kipling- & Edwardstraat).
WAAR IS ONS KERKGEBOU:
