Weeklikse gebedsversoeke

PERSOONLIK

Dit gaan nie oor jou nie. Die doel van jou lewe is baie groter as jou eie persoonlike bevrediging, jou gemoedsrus of selfs jou geluk. Dit is baie groter as jou gesin, jou loopbaan of selfs jou wildste drome en ambisies. As jy wil weet waarom jy hier op aarde geplaas is, moet jy by God begin. Jy is gebore deur sy doel en vir sy doel.

Die soeke na die doel van die lewe verbyster mense al vir duisende jare. Dit is omdat ons geneig  is om by die verkeerde beginpunt weg te spring – onsself. Ons vra egosentriese vrae soos: Wat wil ek wees? Wat moet ek met my lewe doen? Wat is my doelwitte, my ambisies en my drome vir my toekoms? Maar om op onsself te fokus sal nooit ons lewe se doel openbaar nie. Die Bybel sê dit is God wat die lewens van sy skepsels rig. Elkeen se lewe is in Sy mag…

Jy het jouself nie geskep nie. Daarom kan jy nie vir jouself sê waarvoor jy geskep is nie. As ek vir jou ‘n uitvinding gee, wat jy nog nooit voorheen gesien het nie, sal jy nie weet waarvoor dit bedoel is nie en die uitvinding self sal dit nie vir jou kan sê nie. Slegs die persoon wat dit geskep het of die eienaarshandleiding sal die doel kan openbaar.

Net so kan jy nie by jou lewe se doel uitkom deur op jouself te fokus nie. Jy moet by God, jou Skepper begin. Jy bestaan net omdat God wil hê jy moet bestaan. Jy is deur God en vir God gemaak – en totdat jy dit verstaan sal jou lewe nie sin maak nie. Dit is net in God dat ons ons oorsprong, ons identiteit, ons betekenis, ons doel, ons waarde en ons bestemming kan verstaan. Elke ander ander pad is ‘n doodloopstraat.

Jy is vir God gemaak nie andersom nie en die lewe gaan daaroor. Om God toe te laat om jou te gebruik vir sy doel, nie oor jou wat Hom gebruik vir jou doel nie…

Jy kan gewoonlik ‘n doel bereik as jy werklik daarop ingestel is. Maar om suksesvol te wees en om jou doel te vervul is hoegenaamd nie dieselfde kwessie nie. Jy kan al jou persoonlike doelwitte bereik en volgens wêreldse standaarde ‘n reusesukses wees, maar steeds die doel waarvoor God jou geskep het, misloop.

Hoe ontdek jy dan die doel waarvoor God jou geskep het?…Jou eerste opsie is spekulasie…Daar is gelukkig ‘n alternatief vir spekulasie oor die betekenis en doel van die lewe. Dit is openbaring…Vra vir God…God is nie net die beginpunt van jou lewe nie; Hy is die bron daarvan. Om jou doel in die lewe te bepaal moet jy jou tot God se Woord wend…

“God het almal wat aan Jesus behoort, gekies om Syne te wees. Dat dit so moet wees, het Hy lankal besluit en Hy laat altyd alles gebeur soos Hy dit wil hê” (Ef 1:11 Die Boodskap). Hierdie vers gee ons insig in jou doel wat die volgende drie aspekte betref:

  1. Jy ontdek jou identiteit en doel deur ‘n verhouding met Jesus Christus.
  2. God het al aan jou gedink lank voordat jy enigsins aan Hom gedink het.
  3. Die doel van jou lewe pas binne-in ‘n baie groter, kosmiese doel wat God vir die ewigheid ontwerp het.                    (Uittreksels vanuit:Doelgerigte lewe deur Rick Warren, bl 1-5)

Gedagte vir die week:   Sonder God maak die lewe nie sin nie.                                                                                                      

GEBEDSVERSOEKE

Lizelle S – sterk tuis aan na ‘n stamstel inplanting – nog ‘n lang pad na herstel

Elizabeth C – kanker – ervaar baie pyn

Liam L – geskikte beenmurg skenker oorsee gevind – bid dat vlugte in plek sal val om die oorplanting moontlik te maak

Piet G – beroerte – word tuis versorg

André S – ontvang chemo

Alta C – kolonkanker

Braam C – kanker

Elize E – borskanker – ontvang behandeling

Abrie C – kolonkanker

Koos V – dementia

Corrie vZ – longkanker

ANDER SAKE:

Dank die Here vir mense wat help met skenkings, op verskeie maniere, om die nood in ons eie gemeente en gemeenskap te help.

Bid dat kospakkies mense wat dit broodnodig het, veilig sal bereik. Dank die Here vir mense met oop harte en hande wat ook hierdie kospakkies moontlik maak.

Bid vir mense wat in hierdie tyd nie net finansieel swaarkry nie, maar ook sielkundig.

ANDER LANDE (Vanuit: Die Saaier)

Thailand: Bid vir meer skrywers sodat die studie-notas van die Klein Profete voltooi kan word. Bid ook vir meer mense om te help met die vertaling van Handelinge in Gebaretaal. Bid ook vir ons fondsinsamelingstrategie sodat ons minstens 5 000 Bybels by skole kan versprei.

Maleisië: Bid dat die bybelse boodskap by elkeen in hiedie land sal uitkom. Dank die Here vir die Bybelwerk wat reeds in die land gedoen is en dat dit sal voortgaan.

Mianmar: Bid vir vrede en dat die Bybelbediening effektief uitgevoer kan word. Bid vir ons vertalingsprojekte en spesifiek vir hulp om die Bybel onder ons baie arm bevolking te versprei.

STUUR JOU GEBEDSVERSOEKE NA gebed@parke.co.za OF SMS / WhatsApp NA 082 314 2658

Leave a comment