Graad 7 tot 10 & Belydenisgroep

By NG Kerk Parke-gemeente word daar gestrewe na om elke kind op sy ontwikkelingsvlak te bedien. Dit is vir ons belangrik dat ons die medium van die kategese gebruik om dissipels van Jesus te maak. Kom skakel sommer vandag nog jou kleuter, laerskool of hoërskool kind in by ons kategese omgeegroepe.

Laai ons kategese informasie brief hier af: KATEGESE BRIEF

Groep Tyd Lokaal Program
Gr 7-10 18:00 tot 18:45 Verskeie lokale
Belydenisgroep 18:00 tot 18:45 Konsistorie

Indien u enige navrae het in verband met hierdie ouderdomsgroep se kategese kontak gerus vir Chris Groenewald by 084 627 3660 of chris@parke.co.za

Leave a comment