Diens van Barmhartigheid
Die Kosstoor
Ons help so tussen 10–15 gesinne op ‘n maandelikse basis. Die gesinne se identiteit is streng konfidensieël. Kontak kan gemaak word deur kerkkantoor (021 988 5340) of Chrisna Cloete (071 607 7216) voorsitter van Dvb (e-pos: dvb@parke.co.za) of deur middel van een van Parke se predikante. Ons is tans baie afhanklik van skenkings sodat ons as DvB ons doel kan bereik om behoeftiges te kan help. Op ‘n maandelikse basis kry ons skenkings soos groente, Weet- Bix en brood, maar dis ongelukkig nie genoeg nie.
Die Klerestoor
Vir enige inligting rakende klere kan julle Sanet Groenewald kontak (082 520 3149 / epos: dvb@parke.co.za) Ons is baie dankbaar teenoor Parke-gemeente vir al die skenkings. Klere en ander goedere word geskenk aan behoeftiges in gemeente en in ons gemeenskap. Die klerestoor gee en verkoop nie net klere nie, enige iets is welkom, soos bv. beddegoed, gordyne, breekgoed, potte en panne, ens…… Daar’s so baie daar buite wat niks het nie “ Jou ou goed ,of n “gechipte “ koppie is n ander se nuwe en enigste koppie of skat dalk”
Ons eerste funksie is om terug te gee aan gemeente lede wat dit nodig het/ Tweedens verkoop ons die klere wat oor is en die geld word weer teruggeploeg in die Kosstoor en ons gee ook ‘n gedeelte daarvan vir goeddoen projekte / uittreike. Derdens skenk ons dan weer vir ander instansies soos, bv . Ruyterwacht NGK, Hospice ensovoorts.
Donasies
Die donasies word deur Chrisna Cloete gehanteer (071 607 7216 / epos dvb@parke.co.za). Indien julle meer inligting wil hê kan julle vir Chrisna kontak. Donasies kan by kerkkantoor afgegee word of indien dit geld is by kerkkantoor inbetaal word. Indien enige iemand enige kontakte het vir enige tipe kos of voedsel produkte , kontak asb vir Chrisna by bogenoemde inligting.
Lede van Dvb
Chrisna Cloete (voorsitter), Adri risseeuw, Deo-Lize Brand, Estelle Lotter, Matilda Morton, Miemie van der Ryst, Sanet Groenewald, Tokkie Liebenberg, Wilma Beyers
.
Kontak besonderhede:
Chrisna Cloete op 071 607 7216
Kerkkantoor 021 988 5340
Diens van Barmhartigheid se beleid is om ‘n verskil in ander se lewens te maak . Ons kan dit alleenlik doen met die hulp van ons gemeente in Parke en nooi julle almal om deel daarvan te wees.